‘Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons het vrygeraak.’
– Die Here wil hê dat elkeen van ons in die verlossing en vryheid wat Hy vir ons het, moet wandel.
– Die Here wil elke lokval en strik breek wat op ons pad mag kom.
– Slawerny is nie SY plan vir jou nie, vryheid is SY plan vir jou.
– Ek verklaar dat die strik oor jou lewe is gebreek en jy is vry!
Gebed: Vader, dankie vir die wonderlike vryheid wat U vir my voorberei het. As dit nie vir U was nie, o Here, sou ek nie ontsnap het nie. Nou is ek vry, ek is gered! Amen.