‘Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!’
– As jy vandag asem in jou longe het, moet jy die Here prys.
– Loof; moet ons keuse van leefstyl wees.
– Om die Here te loof, is ‘n bewuste keuse wat ons elke dag moet maak.
– Wanneer ons ons fokus verander na lof en dankbaarheid, verander alles.
Gebed: Vader, Ek lig my hande op, en ek verhef my stem om U te loof. Ek sal nie ‘n lied van hartseer en wanhoop sing nie, maar ek sal ‘n lied van hoop en verwagting sing, omdat U met my is. Amen.