Daaglikse Bybel Vers: Spreuke 3:27
‘Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.’
– Elkeen van ons het die mag om ‘n verskil te maak en ‘n seën te wees.
– Ons optrede lyk miskien onbeduidend, maar dit kan ‘n bron van hoop vir ander wees.
– Soek in hierdie vreemde tyd in die geskiedenis, geleenthede om ‘n seën te wees.
– Moenie net daaraan dink nie, maar tree nou op, want die Here wil jou gebruik.
Gebed: Vader, dankie dat my lewe ‘n bron van seën en aanmoediging vir ander kan wees. Help my om ‘n bron van hoop en krag te wees vir diegene rondom my. Mag my saad, so min as wat dit voel, ‘n groot oes oplewer, terwyl ek probeer om ‘n seën vir ander te wees. Amen.