‘wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.’
– Jy word onderhou, bewaar en beskerm deur die Here self.
– Ons deel is om in ons Here te glo en te vertrou.
– Sy deel is om ons te bewaar, te beskerm en te verlos.
– Hy sal jou red, net soos Hy nog altyd beplan het.
Gebed: Vader, dankie dat my lewe deur U bewaar en ondersteun word. Ek kan volkome hoop en vertroue in U redding, beskerming en drakrag, hê. Dit sal my vandag en elke dag van my lewe, beskerm. Amen.