‘Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.’
– Dit is wonderlik om te weet dat ons, ons probleme na die Here kan neem.
– Gebed is ‘n wonderlike hulpmiddel om die uitdagings van die lewe te hanteer.
– Verander jou bekommernisse en sorge in gebed.
– Hy sal hoor, Hy sal antwoord, en Hy sal jou verlos.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan aanroep en my versoeke, bekommernisse en probleme na U kan neem. U is die Een wat krom plekke reguit maak, en U laat riviere in die woestyn vloei. Amen.