‘Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.’
– Ons houding bepaal altyd ons lewenshoogte.
– Dinge lyk miskien nie goed nie, maar ons kan nogsteeds in die Here verheug wees.
– Ondanks hoe dinge mag lyk, hou jou oë op Hom gevestig.
– Hy is die groot Hersteller en Hy is die groot Verlosser.
Gebed: Vader, Ek kies om in U verheug te wees. Ek kies om bly te wees en in U te hoop, my God en my Verlosser. U ken my omstandighede en my situasie, en ek glo dat U aan my getrou sal wees. Amen.