‘MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus.’
– Die Here wil ons deur die uitdagings, na ‘n plek van oorwinning bring.
– Ons kan dankbaar wees, omdat ons sy hulp in ons lewens kan verwag.
– Dankbaarheid moet ons houding teenoor die Here en sy getrouheid wees.
– Terselfdertyd kan ons glo dat Hy ons altyd tot oorwinning sal lei.
Gebed: Vader, ek is so dankbaar vir u hand in my lewe. Waarlik, U lei my deur die woestyn en deur die duisternis, na die lig van u oorwinning en sterkte. Amen.