‘o Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.’
– Daar is twee dinge waaroor jy kan seker wees: sy onfeilbare liefde en sy getrouheid.
– Sy liefde vir jou is konstant, oneindig en ewig.
– Sy getrouheid teenoor jou is seker, onuitputlik en verreikend.
– Staan op hierdie vaste fondament: sy blywende liefde en sy eindelose getrouheid.
Gebed: Vader, dankie vir u volmaakte liefde teenoor my. Dankie ook vir u volgehoue en altyd teenwoordige getrouheid. Ongeag wat ek moet hanteer, ek sal aan hierdie ewige waarhede vashou. Amen.