‘Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.’
– Herstel is deel van die Here se planne vir elkeen van ons lewens.
– Hy wil ons uit die gat of die put waarin ons, ons bevind, oplig.
– Hy wil ons na ons regmatige plek van eer en agting herstel.
– Hy wil dit gou doen, Hy wil dit nou doen, so verwag dit.
Gebed: Vader, U is die Een wat my uit die klei wil lig en my voete op ‘n rots wil plaas. U plan is om my te herstel en terug te plaas in die posisie wat U vir my in gedagte gehad het. Ek is gereed Here, ek bid dat U my sal herstel. Amen.