‘maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee.’
– Jou geloof het die potensiaal om te groei en sterker te word.
– Wanneer ons, ons fokus van die probleme af na God toe skuif, word die geloof versterk.
– As ons geloof sterk is, sal geen probleme ons ontmoedig nie.
– Wees dus vandag in jou geloof versterk, laat dit groei terwyl jy glo.
Gebed: Vader, mag ek soos Abraham wees wie se geloof versterk en sterker geword het namate hy op U vertrou het. Mag my geloof en vertroue in U van krag tot krag groei. Amen.