‘Geloofd sy die Here, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.’
– Dit is so wonderlik om te weet dat die Here ons hoor as ons Hom aanroep.
– Laat jou hart uitbars van dankbaarheid as jy dit onthou.
– Wees vol vertroue wanneer jy bid en God aanroep.
– Hy hoor ons wanneer ons roep, en Hy is gewillig om ons te help.
Gebed: Vader, ek verbly my in u goedheid en goedertierenheid teenoor my. Ek glo dat U my hoor as ek roep, en dat U my gebede verhoor. Ek sal my verheug en uitsien na u ingryping in my situasie! Amen.