‘En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die Here sien, …’
– Ons kan elke oggend verwag om meer van Sy heerlikheid te sien.
– Elke dag is ‘n wonderlike geskenk wat Hy voor ons plaas.
– Sy genade en liefde is met elke nuwe dag, nuut en vars.
– Vandag is geen uitsondering nie; kyk op en verwag meer van Sy heerlikheid.
Gebed: Vader, dankie vir elke nuwe dag wat U vir my gee. Ek besef dat elke nuwe dag ‘n geskenk is en dat daardie geskenk vir my is. Tesame met die gawe is die hoop van u goedheid, getrouheid en voorsiening. Ek sal vir ewig dankbaar en afwagtend wees. Amen