‘Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, …’
– Ons probeer dikwels in die lewe om alles self te hanteer.
– Ons dink ons het ‘breë skouers’ en daarom dra ons onnodige gewig.
– Daar is ander wat jou op die pad kan help as jy net wil vra.
– Die Here is ook jou Helper, en jy kan op Sy hulp vertrou.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek altyd alles in my eie krag probeer dra. Ek het ander se hulp nodig, en veral die hulp wat van U kom. Ek roep U aan en ek vra U om my Helper te wees, en omring my met ander wat my ook sal help. Amen.