‘Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.’
– Partymaal in die lewe, moet ons sekere mense of dinge laat gaan.
– Om aan iets wat verby is vas te hou, kan ons skade berokken.
– Om te laat gaan, kan ons bevry vir die volgende seisoen wat God vir ons beplan het.
– Die pad na ware welstand is dikwels die ervaring van los laat.
Gebed: Vader, ek besef vandag dat daar sommige dinge en sommige mense is waarvan en van wie, ek myself moet onttrek. U is die God van seisoene, en met elke seisoen bring U nuwe seëninge. Help my om die nuwe dinge te omhels en dit wat verby is te laat gaan. Amen.