‘Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.’
– Die grootste voorbeeld van gee was toe God sy Seun gegee het.
– Ons is volgens sy beeld ontwerp om vir ander ‘n seën te wees.
– Ons lewens kan ‘n seën wees, of ons kan dit wat aan ons toevertrou is, vir onsself opgaar.
– Gee van jouself, jou vriendelikheid en liefde, en dit sal na jou toe terugkom.
Gebed: Vader, dankie dat ek ‘n instrument van seën in U hand kan wees. Help my om nie terug te tree wanneer U wil hê dat ek vorentoe moet tree en ‘n seën wees nie. Mag ek u voorbeeld volg, net soos U u Seun aan die wêreld gegee het. Amen.