‘Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.’
– Die Here kan die donker en moeilike seisoene van die lewe gebruik om met ons te praat.
– Ons ondervinding en wat Hy ons geleer het, kan tot seën vir ander wees.
– As ons deur die vallei en die skaduwees gaan, het Hy iets om vir ons te sê.
– Maar daar kom ‘n tyd wanneer ons die daglig betree en Sy getrouheid verkondig.
Gebed: Vader, Ek herken dat U elke seisoen van my lewe wil gebruik om met my te praat. Mag my ore gespits wees, ongeag die seisoen, sodat wanneer die regte tyd aanbreek, ek bereid sal wees om te praat en u goedheid te verkondig. Amen.