‘… sal Ek na jou toe kom en jou seën.’
– Dit is deel van die aard en karakter van die Here om seën oor ons te bring.
– Sy begeerte is dat ons sy seën oor ons lewens sal ken.
– Terwyl ons Hom die eerste plek gee en aan Hom gehoorsaam is, belowe Hy om na ons toe te kom.
– Hierdie is die woord van die Here aan jou: ‘Ek sal na jou toe kom en jou seën’.
Gebed: Vader, ek ontvang u seën en guns vandag op my lewe. Kom en laat u teenwoordigheid hier in my hart en in my siel gevoel word, en mag ek nooit vergeet dat U met my is nie en dat U gekies het om my te seën. Amen.