‘En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.’
– Aan die einde van die dag is daar net Een na Wie ons kan draai.
– Die Here alleen hou die antwoorde en die toekoms in sy hande.
– Die res is bespiegeling en menslike opinie.
– Moenie op iets anders staatmaak nie, vertrou op die Een wat die woorde van die ewige lewe het.
Gebed: Vader, na wie toe sal ek gaan? U is alles wat ek nodig het, en U is die Een wat alle dinge weet, alles dra en my hart en my begeertes verstaan. Ek vertrou op U, en op U alleen! Ek besef dat ek totaal van U afhanklik is. Amen.