‘…en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.’
– Een van die vreugdes in die lewe is om dinge met die Here te kan bespreek.
– Die dissipels het met die Here ontmoet en oor dinge wat gebeur het, gesels.
– Jy kan ook tyd maak om met die Here te ontmoet en jou ervarings met Hom te deel.
– Jy sal vind dat Hy nie te besig is om jou hartskreet te hoor nie.
Gebed: Vader, dankie dat U altyd daar is vir my. U is altyd gereed om te luister en my te hoor as ek U aanroep. Mag ek die geheim van U teenwoordigheid in my lewe ken. Amen.