‘Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!’
– Jy is waardevol en kosbaar vir God en Hy het jou lief.
– As God vir die voëls omgee en vir hulle sorg, sal Hy sekerlik vir jou sorg.
– Kom ons neem God se Woord op sigwaarde en glo dat ons waardevol is.
– Hy is jou Voorsiener en Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, net soos U vir die voëls sorg en voed, so sal U ook vir my sorg. U is my Bron en my Voorsiener, en ek sien uit na die wonderlike manier waarop U vir my sal sorg. Amen.