‘Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.’
– Die veiligheid van die wete dat God ons hoor as ons Hom aanroep, maak ons moedig.
– Hy wil naby jou kom om jou te bemoedig en te bemagtig.
– Weet vir seker dat Hy jou hoor, en Hy sal met jou wees, tenspyte van die vloed.
– Mag Hy jou krag kom vernuwe en jou vertroue gee.
Gebed: Vader, op hierdie oomblik kies ek om te glo dat U my hoor as ek U in gebed aanroep. Ek ontvang nou dadelik vrymoedigheid, vertroue en hernieude krag van U af. Amen.