‘…; maar Dawid het hom versterk in die HERE sy God.’
– Skrikwekkende en desperate situasies kan erge stres en benoudheid veroorsaak.
– Dawid se lewe was in gevaar en dit het gelyk of alles verkeerd loop.
– Tenspyte van dit alles het hy hom tot God gewend en sy krag daar gevind.
– Maak nie saak hoe desperaat dinge mag lyk nie, soek die Here en Hy sal jou die vermoë gee.
Gebed: Vader in my benoudheid, en in my frustrasie draai ek na U, my Here. Ek sal die sterkte wat ek nodig het, in U vind, want U is in beheer van alle dinge! Amen.