‘U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.’
– Waarop is jou gedagtes in hierdie onstuimige tye, gerig?
– Ons het ‘n keuse om te maak gaande op wie ons gaan vertrou.
– Neem toevlug in die Here jou God en Hy sal jou Sy vrede gee.
– Lewe met hoop en vertroue terwyl jy op Hom vertrou.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan vertrou ongeag die storms om my. Ek hou my oë op U gerig en ek sal nie toelaat dat die wind en die golwe my aandag aftrek nie. Amen.