‘Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.’
– In hierdie Skrifgedeelte lees ons van die sleutels tot sukses in die lewe.
– Kerm, kla en negatiwiteit beroof ons van die oorwinningslewe wat Hy vir ons het.
– Maar om bly, biddend en dankbaar te wees, bring vir ons oorwinning.
– Moenie die modder en slyk aanvaar nie, lig jou hande op, wees bly en wees dankbaar.
Gebed: Vader, vandag kies ek om bly te wees, ek kies om aan te hou om U te glo terwyl ek bid en my versoeke voor U bring, en ek kies om ‘n dankbare hart te hê. Ek sal op U in al U wonder en glorie, vertrou en myself aan U grootheid en U liefde vir my, herinner. Amen.