‘Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.’
– In daardie oomblikke, wanneer vrees ons probeer oorweldig, het ons ‘n keuse om te maak.
– Ons kan toegee aan vrees of ons kan op die Here vertrou.
– Vrees hoef nie die finale seggenskap te hê nie, die Here het altyd die finale seggenskap.
– Wees vasbeslote om jou vertroue, nou en elke dag, in Hom te stel.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie hoef te vrees of toe te laat dat vrees my oorweldig nie. In stede daarvan kan ek my hoop en vertroue bewustelik en doelbewus op U plaas, want U sal my nooit in die steek laat nie. Amen.