‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.’
– Met Sy krag in jou lewe kan jy doen wat jy moet doen.
– Hy sal jou in staat stel om meer te bereik as wat jy gedink het dat jy kon.
– Wat soos ‘n berg voor jou lyk kan ‘n reguit pad word!
– Waar jou krag jou in die steek laat, sal Sy krag jou deurdra.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie in my eie krag en vermoë hoef te lewe nie. U bied aan om my die krag te gee wat ek nodig het en ek ontvang vandag U krag en bemagtiging in my lewe. Daarom is ek tot alles in staat. Amen.