‘EK het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge,’
– Die Here hoor ons altyd wanneer ons Hom om hulp vra.
– Jou roepe en gebede gaan nie ongesiens verby nie.
– Hy ken selfs jou spesifieke en unieke behoeftes.
– Niks is vir Hom te moeilik nie, rus dus in Sy vermoë en getrouheid.
Gebed: Vader, U is die Een wat my geroep hoor en my behoeftes ken. Ek vertrou en hoop op U, want U is die Gewer van elke goeie en perfekte geskenk. Amen.