‘U is my skuilplek en my skild; op U Woord wag ek.’
– Die Here is jou Helper en Beskermer.
– Hy is jou Toevlug en ‘n Skild rondom jou.
– Jy kan jou hoop op Hom en op Sy Woord vestigs.
– Mag die God van alle hoop jou met hoop vul, terwyl jy op Hom vertrou.
Gebed: Vader, dankie dat ek by U die veiligheid en sekuriteit wat ek nodig het, kan vind. U is my bron van hoop, en daarom sal ek op U en op U Woord vertrou. Amen.