‘Ek is die Goeie Herder, en Ek ken My eie en word deur My eie geken.’
– Ek en jy is ontwerp en bestem vir verhoudings met die Here.
– Hy ken jou, en Hy weet alles van jou.
– Hy is jou Goeie Herder wat jou sal lei en raad gee.
– Moenie op jou eie lewe nie, maar ontwikkel jou verhouding met jou Goeie Herder.
Gebed: Vader, dankie dat U die Een is wat my ken en daar is geen twyfel daaraan nie. As my Herder sal U my lei, U sal my raad gee, en U sal die beste pad vir my lewe, vir my aandui. Amen.