‘Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het…’
– Het jy besef dat God Homself in jou woon?
– Dit neem ons natuurlike bestaan en maak dit bonatuurlik.
– Ons kan die feit dat die Gees van God in ons woon, ken en geniet.
– Hy wil elke deel van jul lewens betree en jul heel maak.
Gebed: Vader, dankie dat my liggaam ‘n heilige woning kan wees waarin U deur U Heilige Gees, kan lewe en woon. Mag ek nooit die Een wat in my hart woon, onderskat nie. Amen.