‘o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!’
– God is ons Helper.
– Selfs as jy dink dat Hy ver van jou is, is Hy inderwaarheid met jou.
– Jy kan Hom aanroep as jy hulp in jou dringende sake nodig het.
– Jy kan Hom ook aanroep oor enige kwessie of bekommernis wat jy het.
Gebed: Vader, U is my God en U is my Helper. Ek maak staat op U vir die hulp wat ek nou in my situasie nodig het. Dankie dat U langs my kom en dat U my help en dra. Amen.