Daaglikse Bybel Vers: Jesaja 40:31
‘maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.’
– Die Here belowe dat Hy jou die krag sal gee wat jy nodig het.
– Terwyl jy op Hom vertrou en aanhou om op Hom te hoop sal Hy vir jou nuwe krag gee.
– Wanneer ons Sy krag geniet, kan ons soos arende vlieg.
– Sy krag maak dit vir ons moontlik om te stap, hardloop en vlieg sonder om op ons eie te sukkel.
Gebed: Vader, dankie vir die belofte van krag wat U aan ons wil skenk. Dit is ‘n vreugde om te weet dat U ons krag sal wees in enige situasie. Amen.