‘Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.’
– Die Here is altyd daar om ons te verlos.
– Vrees kan ons verlam, maar die Here verwyder vrees uit ons lewens.
– Terwyl ons op Hom vertrou, kan vrees verdwyn en geloof en hoop kan weer herlewe.
– Onthou, jou vrese is vir God geen probleem nie, Hy kan dit hanteer.
Gebed: Vader, U ken al my vrese, besorgdhede en bekommernisse. Ek gee U daardie vrese en ek vra dat U my sal verlos en bevry van alle vrees, sodat ek U met ‘n vreeslose hart kan liefhê en op U kan staatmaak. Amen.