‘… Kom laat ons wandel in die lig van die Here!’
– In ‘n wêreld van duisternis en angs, kan ons in die lig van die Here wandel.
– Niks meer duisternis en vrees vir ons nie, ons het Sy lig om in te loop.
– Die geheim is dat ons moet aanhou loop en nie moet stop of huiwer nie.
– Wandel deur geloof en nie deur sig nie – wandel in Sy lig.
Gebed: Vader, dit is so wonderlik om te weet dat ek in U lig kan wandel. Ongeag hoeveel duisternis my omring, U lig sal kom en my pad oorstroom en my met hoop en vertroue vul. Amen.