‘wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos,,,’
– Die Here is jou groot Trooster.
– HY is die Een wat jou kan vertroos, verlig en hoop gee wanneer jy swaar kry.
– Wanneer ons SY troos ontdek, weet ons hoe om ander te troos.
– Die Here gebruik wat ons deurgaan, sodat ons ‘n troos vir ander kan wees.
Gebed: Vader, dankie vir die manier waarin U my op my lewensreis vergesel het. Dankie vir die manier waarin U my vertroos en gehelp het. Mag ek ‘n seën en troos vir ander wees. Amen.