‘En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.’
– Hy het opgestaan en ons het rede om verheug te wees en dit te vier.
– Die opstandingskrag van ons Here en Verlosser verander ons lewens.
– As ons hierdie realiteit sal aanvaar sal ons Sy krag binne ons werksaam sien.
– Wanneer dit gebeur, tree ons ‘n ander dimensie binne – die ryk van Sy seën.
Gebed: Vader, ek bid dat U opstandingslewe van vandag af soos nooit tevore nie, deur my sal vloei en mag Ek U groot seën en guns op my lewe ondervind en geniet. Amen.