‘Wees net baie sterk en vol moed,…’
– Ons word geroep om die lewe met ‘n moedige krag aan te durf.
– Jy mag dalk swak voel, maar Sy teenwoordigheid in jou lewe gee jou krag.
– Net die gedagte dat God met ons is, verander die dinamiek van ons lewens.
– Hy sal jou die krag en die moed gee wat jy nodig het.
Gebed: Vader, dit is ‘n vreugde om met die wete dat U met my is, vorentoe te kan gaan. U teenwoordigheid in my lewe bring die krag en moed wat ek nodig het, om te doen wat U wil hê dat ek moet doen. Amen.