Daaglikse Bybel Vers: Genesis 22:14
‘En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien ! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.’
– Die naam van die Here is ‘Jehovah-Jireh’, wat beteken Hy is jou voorsiener!
– Abraham moes die grootste toets slaag, maar in die finale oomblik het God voorsien.
– Al moet jy tot die laaste oomblik wag, sal Hy vir jou ook voorsien.
– Hy sal jou nie verlaat nie, maar Hy sal na jou toe kom en ‘n weg voorsien!
Gebed: Vader, ek verklaar dat U my voorsiener is. Dit maak nie saak wat die toets of beproewing is wat ek moet slaag nie, ek weet dat U sal kom en my help en my uit red. Amen.