‘Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die Here het hom geseën.’
– ‘n Mens wonder wat sou gebeur het as Isak nie die saad gesaai het nie?
– Maar hy het, hy het sy deel gedoen en die Here het die res gedoen.
– Wanneer ons ons deel getrou doen, sal die Here vir ons deur kom.
– Doen wat die Here jou lei om te doen, en verwag om ‘n groot oes in te samel.
Gebed: Vader, gee my die moed en die vasberadenheid om my deel te doen en die saad wat U my gegee het, te saai. Selfs in hierdie omstandighede, wat nie belowend lyk nie, sal ek U seën verwag. Amen.