‘En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan,…’
– God wil hê dat Sy blywende teenwoordigheid in ons lewens iets werkliks moet wees.
– Herhaaldelik verseker Hy ons dat Hy met ons is.
– Wat nog meer is, Hy wil oor jou waak en jou beskerm.
– Die lewe lei ons in vele rigtings, maar Hy bly die konstante in ons lewens.
Gebed: Vader, dankie dat U op die oomblik met my is. U teenwoordigheid omring my en U arms van beskerming en sorg is om my toegevou, daarom vrees ek niks nie. Amen.