‘Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!’
– Jy kan self die goedheid en genade van God ondervind.
– HY verlang daarna dat jy Sy guns en goedhartigheid teenoor jou, sal ken en geniet.
– Dat jy op Hom vertrou en staatmaak bring baie seën in jou lewe.
– Waar jy omdraai om in Hom te skuil, kan jy Sy genade en guns verwag.
Gebed: Vader, dankie dat ek op U kan vertrou en op U kan staatmaak. U is ‘n goeie Vader en ek sal my sekuriteit in U vind. U is my beskerming en U teenwoordigheid beteken dat ek U guns op my lewe kan geniet. Amen.