‘Die HERE sal dit vir my voleindig!’
– Besef jy dat die Here ‘n plan vir jou lewe het?
– Wat ons nie vir onsself kan doen nie, sal Hy doen.
– Wat niemand anders vir ons sal doen nie, kan Hy doen.
– Ons verantwoordelikheid is om getrou te bly, aan te hou om Hom te vertrou, en Hy sal dit doen.
Gebed: Vader, dankie dat U ‘n plan vir my lewe het. Ek besef dat u planne altyd vir my die beste is. Ek plaas my hoop in U en vertrou dat U dinge vir my volmaak sal uitwerk. Amen.