‘Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.’
– Ons leef in ‘n tyd van groot wêreldwye verandering.
– Dinge is nie soos dit was nie, en die nuwe modewoord is ‘die nuwe normale’.
– Miskien is die Here in al hierdie dinge ook besig om iets nuuts te bewerkstellig.
– Kom ons wees gereed, buigsaam en bereid om die nuwe dinge wat Hy vir ons het, te aanvaar.
Gebed: Vader, wanneer U iets nuuts doen, is dit altyd met die vooruitsig op beter dinge. Help my om gereed te wees om die nuwe te omhels, met die volle wete dat U vir my ‘n weg in die woestyn en strome in die wildernis sal maak. Amen.