‘Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil, sy trou is ‘n skild en pantser.’
– Hy wil jou met Sy vlerke bedek sodat jy veilig in Sy sorg kan wees.
– Jy is binne Sy massiewe omhelsing waar Hy jou beskerm.
– Jou skuiling en jou veilige plek word net in HOM alleen gevind.
– Vlug na jou skuilplek en laat Hom toe om jou met Sy vere te dek.
Gebed: Vader, Ek skuil onder U magtige hand. Bedek my, beskerm my en wees my toevlug en my vesting, nou en altyd. Amen.