‘Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.’
– Hoe ons dink het ‘n groot invloed op ons daaglikse lewe.
– Jy kan soos die wêreld wees en bekommerd, bang en angstig wees.
– Of laat God jou vernuwe, en laat jou geloof groter as jou vrese wees.
– Vertrou met jou hele hart op die HERE; laat Hom toe om jou te herskep en verander.
Gebed: Vader, ek kies U weë bo my gedagtes en idees. Ek vra U om my lewe aan te raak en my denke te vernuwe sodat ek U en U weë in my daaglikse lewe kan volg. Amen.