‘,,,en die God van liefde en vrede sal met julle wees.’
– Dit is so wonderlik om te weet dat God met ons is.
– Ons is nie alleen op hierdie lewensreis nie.
– Ons het soveel om oor bly te wees en waaroor ons verheug kan wees.
– Kom ons bemoedig mekaar en streef na die vrede, wat God behaag.
Gebed: Vader, dankie dat U nou met my is. U bring liefde en vrede in my lewe sodat ek daardie liefde en vrede aan ander om my kan versprei. Help my om met vreugde gevul te wees en maak my lewe ‘n seën en aanmoediging vir ander. Amen.