‘En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.’
– Laat ons nooit die fout maak om aan God te twyfel nie.
– Wanneer ons in Hom twyfel, beroof dit ons van ons vertroue in Hom.
– Moenie aan God se goedheid en welwillendheid teenoor jou twyfel nie.
– As jy geloof het en nie twyfel nie, kan jy in enige situasie oorwinning behaal.
Gebed: Vader, ek kies om in U te glo. Dit is U op wie ek vertrou en op wie ek kan staatmaak. Ek sal nie twyfel nie, maar ek sal in U glo en in U liefde en goedhartigheid teenoor my. Amen.