‘Geseënd sal jy wees as jy inkom en geseënd sal jy wees as jy uitgaan.’
– Kom en gaan, is een van die mees natuurlike menslike gewoontes.
– Om in ‘n toestand van ‘lockdown’ te leef, is nie waarvoor ons ontwerp is nie.
– Die Here wil ons inkom en ons uitgaan seën.
– Soos wat jy rondbeweeg, kan jy Sy seëninge en beskerming antisipeer.
Gebed: Vader, dankie dat U seën op my lewe U seën op my bewegings insluit. Ek kan kom en gaan met die volle wete dat ek dit doen met U seën en guns Amen.