‘ want op U, Here, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!’
– Seisoene van wag kan uitdagend wees, maar dit sal die moeite werd wees.
– Die Here sal selfs sulke tye gebruik om in ons te werk.
– Geen tyd of seisoen waardeur ons gaan is ooit ‘n vermorsing in ons lewens nie.
– Ons kan vertrou dat Hy sal hoor en Hy sal antwoord.
Gebed: Vader, al lyk dit of daar geen verandering is in die dinge waarvoor ek U vertrou nie, sal ek nogtans vashou en wag vir U ingryping. U het my gebed gehoor en U sal op die regte oomblik ingryp. Help my om geduldig te wees terwyl ek aanhou om op U te vertrou. Amen.