‘Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees?’
– Ons moet almal dinge en uitdagings hanteer wat ons desperaat laat voel.
– Maar tenspyte daarvan sal ons nooit van Sy liefde geskei wees nie.
– Die absolute waarheid hiervan is dat God vir en nie teen jou is nie,
– Jy het ‘n bondgenoot en ‘n vriend in die Here en Hy wil die beste vir jou hê.
Gebed: Vader, hoe kan ek antwoord op al die dinge en bekommernisse wat in my gedagtes en in my hart woed.? Ek verklaar dat U met my is en dat U aan my kant is, en dit is al wat ek nodig het. Amen.